San Diego Comic-Con

San Diego Comic-Con is 'n strokiesprentkonvensie en niewinsgewende[1] multi-genre-vermaaklikheidsgeleentheid wat sedert 1970 jaarliks in San Diego, Kalifornië, gehou word. Die naam, soos op sy webtuiste aagegee word, is Comic-Con International: San Diego; maar dit is algemeen bekend as bloot Comic-Con, die San Diego Comic-Con of SDCC.[2]

Die konvensie is in 1970 gestig as die Golden State Comic Book Convention deur 'n groep van San Diego wat Shel Dorf insluit; later is dit die San Diego Comic Book Convention genoem. Dorf het in 'n onderhoud gesê hy hoop die eerste Con sal 500 deelnemers lok. Dit is 'n vierdaagse geleentheid (Donderdag tot Sondag) wat in die somer (sedert 2003 in Julie) by die San Diego-konvensiesentrum in San Diego gehou word. Op die Woensdagaand voor die amptelike opening kan professionele persone, uitstallers en vooraf geregistreerde gaste 'n voorgeleentheid bywoon om deelnemers die geleentheid te gee om deur die uitstalsaal te stap en te sien wat tydens die konvensie beskikbaar sal wees.

  1. "About Comic-Con International" (in Engels). Comic-Con International: San Diego. 28 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2019. Besoek op 18 April 2019.
  2. "Patent and Trademark Office Petition for Cancellation for Comic-Con". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2017. Besoek op 16 Julie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne